
Ons is die HARTKLOP
van Laerskool Monumentpark!
Ons maak ‘n plan deur te HELP waar ons kan.
‘n Monnie-ouer inisiatief om harte en beursies oop te maak vir behoeftige Monnie-gesinne.
BEFONDSINGSBRONNE
FINANSIËLE DONASIES
Enige finansiële bydraes vir aanwending tot projekte, leerders of gesinne.
SKENKING VAN
DIENSTE & GOEDERE
Enige bydrae van fisiese goedere en of dienste wat ‘n verskil maak.
PROJEKTE EN GELEENTHEDE
'n Jaarlikse verskeidenheid van fondsinsamelings bv. die Monniefees, Gholfdag, Vroue Onbyt en nog vele meer.

COVID-19 NOOD
Te midde van die globale pandemie is daar baie van ons minderbevoorregte leerders en gesinne wat 'n geweldige behoefte het aan noodsaaklike items. Ons vra nou meer as ooit u ondersteuning aan hierdie gesinne. Selfs die geringste skenking of donasie van fondse of items sal welkom wees.
BOODSKAPPE VAN DANKBAARHEID
Gisteraand eet ons lekker roer-eiers en tamaties. Vanoggend eet sy haar pappies met melk en vanaand eet ons hoender, aartappel en tamatie. Ons het selfs sjokolade koekies en koeldrank vandag geniet! More kan ek vir haar 'n kosblik pak en al my diere se magies is vol. Soos ek iets uit die kas haal sien ek die mense se gesigte voor my wat al gehelp het dat ons nie honger hoef te gaan slaap nie. Die woord dankie is net eenvoudig nie genoeg vir hierdie mense nie. Mag God dit vir jul elkeen meervoudig sal teruggee. Dit is steeds ‘n diep gat waarin ek my bevind, maar ‘n paar mense het dit net ‘n bietjie makliker gemaak vir ons. Ek dink elke dag aan elkeen wat ons goedgesind is en ons al gehelp het. Opreg, opreg dankie!
Wow wow wow. Baie baie baie dankie. Dit word so opreg waardeer
Ek waardeer dit dat daar mense is wat omgee en bereid is om te help. Uit my hart uit dankie.
Vreeslik baie dankie vir ons kruideniersware dit help ons beslis baie ons waardeer dit opreg.