top of page

HOE JY KAN HELP

Ten einde MonnieHart suksesvol en winsgewend te hou is ons afhanklik van u onbaatsugtige ondersteuning.

  • Borgskappe, skenkings of hulp vir / met enige van ons geleenthede / projekte. 

  • Bywoning & ondersteuning van hierdie geleenthede

  • Aanbieding van dienste / goedere / ondersteuning vir ons behoeftige leerders en gesinne.

FINANSIËLE DONASIES

Enige finansiële bydraes vir aanwending to projekte, leerders of gesinne. 

SKENKING VAN

DIENSTE & GOEDERE

Enige bydrae van fisiese goedere en of dienste wat ‘n verskil maak.

PROJEKTE EN GELEENTHEDE

Raak betrokke en help by die jaarlikse verskeidenheid van fondsinsamelings bv. die Monniefees, Gholfdag, Vroue Onbyt en nog vele meer.

Bank details

Finansiële DONASIES

Bank besonderhede vir Finansiële donasies:

​

Rekening: Blinkoog Monnies NPC 

Bank:  Standard Bank  
Takkode: 051001

Tjek Rek:  012310484 

Verwysing:   

Gebruik asb leerder profiel nr. indien u 'n spesifieke leerder wil ondersteun.

​

*Monniehart (Blinkoog Monnies NPC) is ‘n geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie, Openbare Weldaadsorganisasie en kan Artikel 18A sertifikate uitreik vir enige bydraes en donasies ontvang.

Spesifieke donasies  aan 'n LEERDER / GESIN

Om die privaatheid van ons gesinne en leerders te beskerm kan ons slegs beperkte inligting publiseer. Die profiele hier genoem is slegs om jul as ouers insig te gee in die werklikheid waarin van ons kinders hulself bevind. Om 'n finansiële donasie te maak aan 'n spesifieke leerder of gesin, kontak gerus ook die skool direk.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase dogter

Meer oor leerder (nr: LP-101)

Pragtige dogter met mooi maniere. Sy het akademiese uitdagings. Sy is in pleegsorg en die gesin sukkel om finansieel die mas op te kom. Die skool ondersteun met terapiesessies, skoolfonds, kospakkies, kruideniersware en skoolklere en naskooltuiste. Daar is geen vervoer tuis nie. As gevolg van taaluitdagings ontvang sy nie die nodige akademiese ondersteuning tuis om terapie aan te vul nie.

Profiel_ Junior Dogter_01 copy.jpg

Intersenfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-102) 

Hardwerkende dogter. Akademie is ‘n uitdaging. Sy woon by ouma. Die skool ondersteun met terapiesessies, skoolfonds, kospakkies, kruideniersware en skoolklere en naskooltuiste. Daar is geen vervoer tuis nie. Sy is talentvol op sportgebied en neem graag deel, maar vervoerprobleme maak dit moeilik.

Profiel_ Junior dogter-04.jpg

Intersenfase dogter

Meer oor leerder (nr: LP-103)

Hierdie is goed gemanierde dogter wat altyd haar bes doen. Sy het baie akademiese uitdagings. Sy is in pleegsorg. As gevolg van taaluitdagings is hulp by die huis met huiswerk en terapie moeilik. Die skool ondersteun met terapiesessies, skoolfonds, kospakkies, kruideniersware en skoolklere en naskooltuiste. Sy is sportief en neem graag deel, maar a.g.v. vervoerprobleme is dit moeilik.

Profiel_ Junior Dogter_01 copy.jpg

Intersenfase dogter

Meer oor leerder (nr: LP-104)

Sy neem graag aan sport deel en doen alles voluit. Sy het pragtige maniere. Die skool ondersteun haar met skoolklere en skoolfonds, naskooltuiste, en voorsien ook kospakkies en kruideniersware. Sy woon by haar ouma. Daar is nie vervoer tuis nie wat deelname aan sport bemoeilik.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-105)

Hy is ‘n positiewe, vriendelike seuntjie wat hard werk. Hy is in pleegsorg saam met ander sibbe. Hy word ondersteun met skoolfonds, skoolklere, naskooltuiste, kospakkies en kruideniersware.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase seun

Meer oor leerder (nr: LP-106)

Hy geniet dit om skool toe te kom en is gretig om te leer. Alle mylpale is nog nie bereik nie en terapie wat finansieel deur die skool ondersteun word, is nodig. Hy woon by sy ouma. Die skool ondersteun ook met skoolfonds, skoolklere, naskooltuiste, kospakkies en kruideniersware.

Intersenfase seun.jpg

Intersenfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-107)

Hy is ‘n vriendelike, pligsgetroue seun wat sy bes probeer. Akademie is ‘n uitdaging. Hy het goeie maniere. Enkelma met twee seuntjies wat ‘n baie karige inkomste verdien en nie die nodige akademiese ondersteuning tuis kan gee nie. Verblyf is nie ideaal nie. Eie vervoer is nie  beskikbaar nie. Die skool help met sport- en skoolklere, sporttoerusting, pouse kospakkies sowel as kruideniersware en skoolfonds.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase dogter

Meer oor leerder (nr: LP-108)

Die dogtertjie werk hard. Dit gaan goed met haar akademie. Haar mamma het lank nie werk gehad nie en alhoewel sy weer werk, sukkel hulle om weer die mas op te kom. Die skool ondersteun met skoolfonds, skoolklere en kruideniersware. Sy is afhanklik van saamry geleenthede. Die gevolg is dat sy ook nie aan buitemuurse aktiwiteite kan deelneem nie.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-109)

Hierdie seuntjie het ernstige leeragterstande. Hy benodig intensiewe en langdurige terapie wat nie deur die basiese mediese skema waaraan hulle behoort gedek word nie. Van die ander gesinslede het ook voortdurende mediese hulp nodig en die gesin kom nie finansieel by alles uit nie. Die gevolg hiervan is dat hy nie al die terapie kan kry wat hy benodig nie.

Intersenfase seun.jpg

Intersenfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1010)

Hy het akademiese uitdagings. Die nodige toetse is reeds deur ons interne Opvoedkundige Sielkundige gedoen, maar hy het verdere mediese toetse nodig. Hulle het geen mediese fonds nie. Pappa is nie betrokke nie en mamma is werkloos. Enkelma met twee jong kinders. Die skool ondersteun met kospakkies, kruideniersware, skoolklere, arbeids- en spraakterapie asook skoolfonds.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1011)

Dié seuntjie woon by sy oupa en ouma en sy ouers is afwesig in sy opvoeding. Finansieel sukkel die gesin om by alles uit te kom. Net ouma het permanente werk. Hy vorder goed op akademies gebied. Sokker is sy gunsteling sport, maar hy gaan Bulletjie-rugby by die skool speel omdat hy graag aan sport wil deelneem. Die skool ondersteun met kruideniersware, skoolfonds en skoolklere. Ondersteuning ten opsigte van arbeids- en spraakterapie word beoog vir ontwikkeling van leervaardighede.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1012)

Die vriendelike, sosiale dogtertjie is in pleegsorg. Dit gaan goed met haar akademie en sy werk hard en probeer altyd haar bes. Die gesin het finansiële uitdagings. Die skool ondersteun finansieel met kruideniersware, skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1013)

Die dogtertjie het intensiewe terapie nodig aangesien sy nie akademies na wense vorder nie. Mamma kan nie werk nie omdat haar sussie permanente een op een versorging benodig. Die gesin kry finansieel swaar omdat Pappa ook nie ‘n vaste salaris verdien nie. Hulle sukkel om by te hou met mediese uitgawes. Die skool ondersteun met skoolfonds, skoolklere en kruideniersware.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1014)

Die seuntjie is ‘n kreatiewe en vriendelike kind met baie potensiaal. Hy, sy sussie en ouers woon by sy grootouers weens finansiële struikelblokke. Die ouers se inkomste dra nie al die uitgawes wat sy ontwikkeling ondersteun nie. Die skool ondersteun met arbeids- en spraakterapie. Verder word daar beoog dat hy ‘n mediese ondersoek ondergaan wat addisionele uitgawes teweeg kan bring.

Profiel_ Junior dogter-04.jpg

Intersenfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1015)

Hierdie dogter het baie potensiaal, maar brand akademies vas omdat daar nie voldoende ondersteuning tuis is t.o.v. huiswerk en toetsvoorbereiding nie a.g.v. ‘n taalstruikelblok.  Sy en haar boetie woon saam met hulle ouers by die grootouers aan huis a.g.v. finansiële struikelblokke.  Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1016)

Hierdie seun ontvang al vanaf 2018 terapie. Sy mamma sorg vir hom en sy sussie. Hulle woon by familie. Aangesien die mamma alleen sorg vir die seun en sy sussie, is finansies beperk. Volgehoue ondersteuning ten opsigte van spraak-, arbeids- en psigoterapie sal hierdie seun se ontwikkeling grootliks ondersteun.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1017)

Hierdie dogtertjie het intense trauma beleef tydens haar vroeë ontwikkelingsjare. Om die rede bly sy tans in pleegsorg. Sy het in die verlede by ander instansies in die gemeenskappe waar sy ingeskakel was psigoterapie ontvang, en die voortsetting hiervan is belangrik vir haar emosionele ontwikkeling en algehele welstand. Aangesien sy in pleegsorg is, mag behoeftes op ander vlakke van funksionering die behoefte aan verdere borgskap teweegbring.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1018)

Hierdie seun is ‘n aangenome kindjie. Sy moeder is ‘n enkelouer wat self uitdagings t.o.v. haar gesondheid het en as gevolg hiervan nie kan werk nie. Moeilike en onstabiele omstandighede  tydens die seun se vroeë ontwikkelingsjare het hom met ontwikkelingsagterstande gelaat en hy sukkel om akademies die mas op te kom. Hy benodig intensiewe terapie om hom te ondersteun om sy akademiese potensiaal te ontwikkel sodat hy sukses kan ervaar en akademies kan vorder. As enkelouer is dit vir sy moeder finansieel moeilik om vir hom ook hierdie geleenthede te bied.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1019)

Hierdie seun ervaar ontwikkelingsagterstande op verskeie gebiede. Die ouers se finansiële vermoë dra nie genoegsaam by tot die intervensie wat gebied moet word nie. Hy sal baat by arbeids- en spraakterapie, asook die deelname aan buitemuurse aktiwiteite.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1020)

Hierdie dogter is ‘n oulike en ‘n positiewe kindjie. Sy ervaar uitdagings t.o.v. akademie en sal baat by spraakterapie. Haar ouers werk beide en is in staat om aan haar basiese behoeftes te voorsien, maar finansieel kan hulle nie voorsiening maak vir fondse vir spraakterapie nie. Die skool ondersteun t.o.v. spraakterapie en remediërende ondersteuningsonderrig.

Profiel_ Junior seun_01.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1021)

Hierdie seun is in pleegsorg by sy grootouers geplaas. Hy brand akademies vas en verdere ondersteuning en assessering deur ‘n opvoedkundige sielkundige mag nodig wees om die gepaste intervensie en ondersteuning toe te lig. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1022)

Hierdie is ‘n oulike dogter wat hard werk. Sy is in pleegsorg by haar grootouers na die afsterwe van haar moeder. Daar blyk ontwikkelingsagterstande teenwoordig te wees en dus belemmer dit haar akademiese vordering. Arbeidsterapie, spraakterapie en psigoterapie behoort haar te ondersteun om haar potensiaal te bereik en akademies te vorder. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun-04.jpg

Intersenfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1023)

Hierdie seun en sy vader woon onder moeilike omstandighede in ‘n enkelkamer wat hulle by mense in hulle huis huur. Die seun brand akademies geweldig vas en verdere assessering deur ‘n opvoedkundige sielkundige is nodig om ondersoek in te stel na die redes vir sy akademiese uitdagings en om verdere intervensie toe te lig. Sy ouer kan nie hierdie assessering en ander terapie finansieel bybring nie. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior seun_02.jpg

Grondslagfase Seun

Meer oor leerder (nr: LP-1024)

Hierdie seun se ouers is werksaam in die gemeenskap, maar die gesin leef van ‘n karige inkomste. Die seun blyk ontwikkelingsagterstande te hê wat sy akademiese funksionering belemmer. Hy sukkel om aan te pas by die eise wat die formele klaskamer op sy sisteem plaas.  A.g.v. moeilike finansiële omstandighede het die seuntjie nie die geleentheid gehad van ‘n voorbereidingsjaar (Gr. R) nie. Hy benodig intensiewe spraak- en arbeidsterapie om hom te help om verder te ontwikkel. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Profiel_ Junior dogter.jpg

Grondslagfase Dogter

Meer oor leerder (nr: LP-1025)

Hierdie dogter is oulik en hardwerkend. Sy is ‘n leerder in pleegsorg binne ‘n pleeghuis sisteem. Daar is nie altyd geleentheid om aan buitemuurs of skoolaktiwiteite deel te neem nie a.g.v. beperkte finansies vir die versorging van hierdie leerders. Die skool ondersteun met skoolfonds en skoolklere.

Leerder profiele
bottom of page