top of page

MEER OOR ONS

Monnies se hart  "Want ons gee om!"

Screenshot 2020-06-02 at 06.35.46.png

Ons maak ‘n plan deur te HELP waar ons kan.

MonnieHart is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat in 2019 deur ouers van Laerskool Monumentpark begin is. 

Die Monnie-ouers werk nou saam met die skool, onder die vaandel van MonnieHart, met die doel om die ouers van die skool en die gemeenskap te betrek by fondsinsamelings projekte waar ons ons harte en beursies oop maak om behoeftige Monnie-gesinne te ondersteun.

 

Ondersteuning van gesinne, en die kostes om hierdie gesinne te ondersteun was in die verlede deur die skool gedra, wat addisionele druk op betalende skoolouers geplaas het. 

Ons maak plan

Ons DOEL.

  • Fondsinsameling wat ons skool en die gemeenskap ondersteun.

  • Die bou van verhoudinge tussen die skool, ons ouers en die gemeenskap.

  • Bewustheidskepping van behoeftes in ons gemeenskap.

MonnieHart HELP ons behoeftige gesinne met

  • Skoolgeld subsidies.

  • Naskoolkoste subsidies.

  • Skoolklere asook klere vir buitemuurse aktiwiteite.

  • Verskeie vorme van terapie en leer ondersteuning.

  • Jaarlikse skryfbehoeftes.

  • Emosionele ondersteuning en maatskaplike dienste.

  • Finansiële ondersteuning vir buitemuurse aktiwiteite bv. kultuur en sport uitgawes.

  • Daaglikse kospakkies asook kos vir gesinne gedurende vakansies.

  • Verjaarsdagpakkies en verjaarsdagkoek.

  • Kersgeskenke vir alle kinders van behoeftige gesinne.

  • Mediese kostes.

  • Donasies.

MonnieHart se sukses die afgelope vyf jaar is te danke aan donasies van ouers, personeel en ouers wat behoeftes identifiseer en ook die Skoolgebaseerde Ondersteuningspan se vasstelling van die spesifieke behoeftes.

 

MonnieHart se hart is om elke kind sovêr moontlik gelyke geleenthede te bied.

BEFONDSING & PROJEKTE

2019 was ons eerste jaar en Monniehart het daarin geslaag om R328,000 in te samel ten bate van die ondersteuning van behoeftige leerders en gesinne. Ons doelwitte het elke jaar gegroei en so ook ons ondersteuning. Met die hulp van alle borge en u ondersteuning wil ons groei van krag tot krag en ons impak selfs nog groter maak. 

2026                         R800 000

FINANSIËLE DONASIES

Enige finansiële bydraes vir aanwending to projekte, leerders of gesinne. 

SKENKING VAN

DIENSTE & GOEDERE

Enige bydrae van fisiese goedere en of dienste wat ‘n verskil maak.

PROJEKTE EN GELEENTHEDE

'n Jaarlikse verskeidenheid van fondsinsamelings bv.  Gholfdag, Vrouefunksie, Teateraand, Gala-aand en nog vele meer.

bottom of page