top of page

MEER OOR ONS

Monnies se hart  "Want ons gee om!"

Screenshot 2020-06-02 at 06.35.46.png

Ons maak ‘n plan deur te HELP waar ons kan.

Ondersteuning van gesinne en die kostes om hierdie gesinne te ondersteun was in die verlede deur die skool gedra, wat addisionele druk op betalende skoolouers geplaas het.  Huidige ekonomiese realiteite van jaarlikse styging in skoolgelde het die situasie bemoeilik.

Monnie-ouers het bymekaar gekom in 2017 en werk nou saam met Laerskool Monumentpark, onder die vaandel van Monniehart, aan jaarlikse fondsinsamelings-inisiatiewe. Sodoende word die las op die betalende ouers verminder.

Ons DOEL.

  • Fondsinsameling wat ons skool en die gemeenskap ondersteun.

  • Die bou van verhoudinge tussen die skool, ons ouers en die gemeenskap.

  • Bewustheidskepping van behoeftes in ons gemeenskap.

So HELP ons behoeftige gesinne.

  • Skoolgeld subsidies.

  • Verskeie vorme van terapie.

  • Finansiële ondersteuning vir sport uitgawes.

  • Deelname aan kultuuraktiwiteite.

  • Daaglikse kospakkies.

  • Emosionele ondersteuning en maatskaplike dienste.

Ons maak plan

BEFONDSING & PROJEKTE

2019 was ons eerste jaar en Monniehart het daarin geslaag om R328,000 in te samel ten bate van die ondersteuning van behoeftige leerders en gesinne. Ons doelwitte het elke jaar gegroei en so ook ons ondersteuning. Met die hulp van alle borge en u ondersteuning wil ons groei van krag tot krag en ons impak selfs nog groter maak. 

2024                         R800 000

FINANSIËLE DONASIES

Enige finansiële bydraes vir aanwending to projekte, leerders of gesinne. 

SKENKING VAN

DIENSTE & GOEDERE

Enige bydrae van fisiese goedere en of dienste wat ‘n verskil maak.

PROJEKTE EN GELEENTHEDE

'n Jaarlikse verskeidenheid van fondsinsamelings bv. die Monniefees, Gholfdag, Vroue Onbyt en nog vele meer.

bottom of page